On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

OVK-wolmarkverslag: Cape Wools alle wolaanwyser verhandel hoër op nasionale veiling

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:06 Fri, 13 Sep 2019

OVK-wolmarkverslag: Cape Wools alle wolaanwyser verhandel hoër op nasionale veiling | News Article

Dié wolmarkverslag word moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weeklikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.


Heinrich Victor, operasionele bestuurder van vesel by OVK, sê die Cape Wools aanwyser vir alle wol het met 10,8% of 1 590 punte hoër verhandel en teen 'n skoonprys R163.60 per kg op die tweede nasionale veiling vir die 2019/20 wolseisoen, gesluit. Die Australiese EMI het ooreenstemmend met 12,5% gestyg. Daarmee saam het die rand 1,2% sterker  teen Amerikaanse dollar op die veiling verhandel.  

Die rand het ook 1,7% sterker teen die euro verhandel. Hy sê fyner wol het egter nie sterk vertoon nie, maar wol sterker as 19,5 mikron het baie kompetisie ervaar met 'n styging van 13,1% in die 20,5 mikron segment. 

Korter en laer gehalte wol was onder druk en het slegs ietwat gestyg. Hy sê daar was gesonde  kompetisie onder kopers vir langer en beter style wol. Dit het weer 'n positiewe invloed op die mark gehad. 

Hier is Victor...


Sien onderstaande PODCAST...


Die wolmarkverslag is moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weeklikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.