Agri Hour
TLU SA: Afname in plaasmoorde is weens suksesvolle veiligheidstrukture─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:28 Mon, 16 Sep 2019
Die Transvaalse Landbou-unie, TLU SA, se data wat sedert 1990 opgedateer word, stem bykans ooreen met die polisie se plaasmoordsyfer vir die 2018/19-boekjaar.
TLU SA se adjunk-hoofbestuurder, Chris van Zyl, sê volgens dié organisasie se data is 24 moorde in die afgelope boekjaar op plase en kleinhoewes gepleeg, terwyl die polisie se data toon daar is 47 plaasmoorde in dieselfde tydperk gepleeg.
Hy sê daarteenoor is 357 voorvalle in dié boekjaar teenoor die polisie se 41 voorvalle op plase en kleinhoewes aangemeld. Sy reaksie kom nadat die nasionale minister van polisie, Bheki Cele, die jongste misdaadstatistiek Donderdag in die Parlement bekendgestel het.
Volgens Van Zyl was daar ‘n toename in moorde op plase en kleinhoewes sedert 2011, maar dié organisasie se statistiek toon ‘n afname daarvan verlede jaar. Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan suksesvolle veiligheidstrukture wat TLU SA en ander betrokkenes in plaasgemeenskappe uitgebrei het.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Zyl gepraat…
Sien onderstaande PODCAST
Dit was Chris van Zyl, adjunk-hoofbestuurder van TLU SA. Skakel Dinsdagoggend in wanneer Van Zyl verder praat oor ‘n toename in veediefstal die afgelope drie jaar en die feit dat daar ‘n 2,9%-toename in die 2018/19-boekjaar was.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
