On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

John Deere: Data-beskikbaarheid in Afrika vestig landbou meer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:46 Thu, 19 Sep 2019

John Deere: Data-beskikbaarheid in Afrika vestig landbou meer | News Article
FOTO: The John Deere Journal

Die strategiese gebruik van data in Afrika kan landbou-opbrengste in verskeie lande verhoog en boere in die hart van die wêreldekonomie plaas.


Antois van der Westhuizen, besturende direkteur van John Deere finansies in Sub-Sahara-Afrika, sê met nuwe beskikbare tegnologie kan dié vasteland se landboubedryf groei en plaaslike kleinboere toegang tot wêreldmarkte gee. Hy sê data wat van verskeie bronne soos tegnologie, masjienerie, slimfone en selfs markte afkomstig is, is nou meer beskikbaar in sommige Afrika-lande. In lyn daarmee is John Deere betrokke by verskillende projekte om boere te ontwikkel. 

Volgens hom word vordering gemaak in lande soos Ghana om kleinboere wat kommersieel wil boer, bewus te maak van die gebruik van goedkoop meganisasie, waarmee hulle hul opbrengste met dieselfde insette en 'n meer spesifiekgerigte benadering kan verhoog.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van der Westhuizen gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Antois van der Westhuizen, besturende direkteur in Sub-Sahara Afrika vir John Deere.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.