Agri Hour
Polisie se veediefstalsyfer verteenwoordig nie ware situasie─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:36 Wed, 25 Sep 2019
Dit was Dinsdag Nasionale Erfenisdag waarop Suid-Afrika sy ryk erfenis gedenk. Nasionale braaidag word ook jaarliks op 24 September gevier.
Terwyl Suid-Afrikaners Dinsdag die vure aangesteek en iets gebraai het, was dit belangrik om te fokus op die land se rooivleisprodusente, wat ‘n voortdurende stryd teen veediefstal voer. Die nasionale voorsitter van die veediefstalvoorkomingsforum, Willie Clack, sê die situasie rondom veediefstal in verskeie provinsies in die land is glad nie goed nie, terwyl die syfers ook nie ‘n ware prentjie skets nie omdat slegs 21% van alle veediefstalklagte by die polisie aangemeld word.
Sy reaksie kom nadat die polisie sy jongste misdaadstatistiek onlangs bekend gemaak het. Dit toon veediefstal in Suid-Afrika het met 2,9% in die 2018/19-boekjaar toegeneem. Clack sê dié toename is weens die aanmelding van klagte by die polisie, maar dit is nie die werklike situasie nie. Daar moes eerder ‘n 10% styging gewees het, maar weens veediefstalklagte wat steeds nie by die polisie aangemeld word nie, kon dit nie plaasvind nie.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Clack gepraat…
OFM-nuus
