Agri Hour
91-jarige afgetrede boer glo in georganiseerde landbou─── CHRISTAL-LIZE MULLER 09:20 Wed, 25 Sep 2019
'n Afgetrede boer van Zastron in die Vrystaat, Pieter Swart, het onlangs op Vrystaat Landbou (VL) se jaarkongres by Bloemfontein 'n oorkonde ontvang vir sy jare lange getroue betrokkenheid by georganiseerde landbou.
Die 91-jarige Swart, wat in 1953 begin boer het, het aan OFM-nuus se Christal-Lize Muller vertel dit is belangrik om deel te wees van landboustrukture, want dit bevorder die bedryf.
Sien onderstaande PODCAST
Dit was Pieter Swart, 'n 91-jarige afgetrede boer, wat vir jare betrokke was by Vrystaat Landbou (VL).
