Agri Hour
Veediefstal kos die bedryf vanjaar R200 miljoen─── CHRISTAL-LIZE MULLER 09:29 Wed, 25 Sep 2019
Die geldelike impak van veediefstal op die bedryf in die land het vanjaar 'n toename van sowat R200 miljoen getoon. Dit is die verlies wat gelei is deur onder meer produsente.
Die voorsitter van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum, Willie Clack, sê daar moet egter in ag geneem word dat die waarde van vee ook gestyg het. Volgens hom verskil die situasie egter in die onderskeie provinsies. Sy reaksie kom nadat die minister van polisie, Bheki Cele, onlangs die nasionale misdaadstatistieke bekendgemaak het.
Clack sê in KwaZulu-Natal word daar jaarliks sowat R170 miljoen weens veediefstal verloor, terwyl die Vrystaat R150 miljoen, en die Oos-Kaap R190 miljoen per jaar verloor. As dit alles saam bereken word, kom dit op 'n verlies van tussen R1,3 en R1,4 miljard vir die bedryf neer. Daarmee saam het veediefstal in die Noord-Kaap en Wes-Kaap 'n afname getoon en die impak daarvan in die Noord-Kaap is sowat R20 miljoen en in die Wes-Kaap sowat R18 miljoen.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Clack gepraat...
Sien onderstaande PODCAST
OFM-nuus
