Agri Hour
Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:55 Thu, 26 Sep 2019
Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.
Hy sê daar is lesse wat geleer kan word in Namibië en Suid-Afrika rakende uitdagende toestande in die landboubedryf. Volgens hom laat syfers oor Namibië se ekonomie ‘n mens se hare rys. Dit is veral die droogtetoetande oor die hele land heen wat skok en reflekteer op dié land se ekonomiese groei. Dit het daartoe gelei dat dié land se landboubedryf in die tweede kwartaal vanjaar vir die vierde kwartaal agtereenvolgens negatief gegroei het. Namibië se ekonomie in geheel het in dieselfde kwartaal met 2,6% gekrimp.
Laubscher sê in die droogtegeteisterde Namibië het boere hulle toegespits op slagbare diere, wat gelei het tot ‘n toename van 45% in beeste op die hoef wat na Suid-Afrika en Angola uitgevoer is. Dit kom daarop neer dat die lewendehawe-bedryf in Namibië in sy eie kapitaal gegrawe of ingeslag het, wat vrae laat oor hoe die heropbouproses in dié land gaan plaasvind sodra droogtetoestande herstel.
Sien onderstaande PODCAST
Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
