On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Wen die stryd teen veediefstal deur betrokke te raak op alle vlakke, vra kenner

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:09 Mon, 30 Sep 2019

Wen die stryd teen veediefstal deur betrokke te raak op alle vlakke, vra kenner | News Article
FOTO: Vrystaat Landbou (VL)

Die stryd teen veediefstal oor die land heen kan slegs gewen word met meer betrokkenheid deur boere.


 Willie Clack, voorsitter van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum, sê praktiese stappe kan gedoen word deur boere om veediefstal te bekamp. Dit sluit in die duidelike merk van hulle vee, wat ook deurlopend getel moet word. Boere moet ook meer sigbaar wees en nie dieselfde roetine volg nie. Dit kom nadat die nasionale veediefstalsyfer vir die 2018/19-boekjaar met 2,9% toegeneem het volgens die polisie se jongste misdaadstatistiek.


Clack sê dit is ook belangrik dat boere klagte by die polisie aanmeld ondanks die feit dat die polisie se reaksie daarop traag is. Hy meen as meer klagte aangemeld word, kan daar dan aangedring word om die polisie se dienslewering te verbeter met betrekking tot die beskikbaarstelling van meer mannekrag en hulpbronne.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Clack gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.