On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:29 Thu, 03 Oct 2019

Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe  | News Article

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf weekliks veilingspryse aan OFM, wat vir lewende hawe op veilings behaal is.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Dié inligting is handig en boere kan dit gebruik om ‘n aanduiding te kry van die prys wat diere kan behaal en ook wat kopers bereid is om te betaal. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.

Derksen se verslag is vir vleispryse van 1 Oktober. Hy sê die speenkalfmark is in die stadium lewendig met ‘n goeie aanvraag vir diere, maar die res van die mark is onder druk. Dis ‘n jammerte, want tradisioneel in Augustus verkoop vet koeie vir ‘n goeie prys.

Hier is Derksen...


Sien onderstaande PODCAST


Dit was OFM-nuus se Christal-Lize Muller wat namens Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, die veilingpryse van lewende hawe verskaf het. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.