Agri Hour
Weerdiens waarsku teen wegholveldbrande in die sentrale binneland─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:33 Thu, 03 Oct 2019
Die Bloemfonteinse weerkantoor waarsku boere teen winderige en warmer temperature wat in droë toestande tot wegholveldbrande kan lei.
Elani Heyneke, 'n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, sê winderige toestande word vandag tot en met die naweek verwag. Dit kom nadat koeler toestande vandeesweek in ‘n groot deel van die sentrale binneland voorgekom weens ‘n sterk koue wind wat gewaai het. Heyneke sê 'n windspoed van 30km per uur en hoër is bevorderlik vir veldbrande. Volgens haar is die warmer temperature egter kortstondig met ‘n kouefront, wat volgende week vanaf die Wes-Kaap op pad is na die sentrale binneland.
Temperature kan Dinsdag in die westelike deel van die binneland ietwat afneem terwyl die kwik Woensdag in die grootste deel van die sentrale binneland kan daal. Sy sê voor dié kouefront die sentrale binneland tref, is daar eerskomende Maandag 'n geringe kans op enkele buie in die verre oostelike deel van Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat…
Sien onderstaande PODCAST
Dit was Elani Heyneke, ‘n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, slegs op Before Dawn.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
