On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

#DA: Die regering moet spoedig droogteramphulp aan NK verleen

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:36 Fri, 04 Oct 2019

#DA: Die regering moet spoedig droogteramphulp aan NK verleen | News Article
FOTO: KLK Landbou

Dit is 'n riem onder die hart dat adjunkpresident, David Mabuza, uiteindelik die Noord-Kaap besoek om eertehands vas te stel wat die stand van sake is rondom die uitmergelende droogte wat gemeenskappe swaar raak.


Die DA se woordvoerder van landbou, grondhervorming, landelike ontwikkeling en natuurbewaring, Reinette Liebenberg, sê dié besoek is aanvanklik vir lààt September geskeduleer, maar dit is toe uitgestel. Sy meen dit is nou noodsaaklik dat die regering die landboubedryf ondersteun en droogtehulp aan boere verleen. Boere in dié provinsie kan net staatmaak op die regering se geldelike hulp. Dit is daarom belangrik dat die droogterampverklaring van die Noord-Kaap nou in die Staatskoerant aangekondig moet word.

Daarmee saam moet klimaatsverandering doeltreffend aangespreek word, veral in dié provinsie. Volgens haar word ‘n groot getal mense deur dié voortslepende droogte geraak. Boere het hul plaashekke gesluit en getrek. Dit het daartoe bygedra dat werknemers agtergelaat is en dorpe in dié landelike gebiede het nie die vermoë om werksgeleenthede aan plaaswerkers te verskaf nie. Sy sê die verskaffing van kos in die Noord-Kaap is beperk, veegetalle is noodgedwonge verminder, en dit het 'n wesenlike invloed op kosvoorsiening in Suid-Afrika.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Liebenberg gepraat….


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.