On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Waterbeskikbaarheid in ariede NK-gebiede steeds ‘n uitdaging

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:54 Wed, 16 Oct 2019

Waterbeskikbaarheid in ariede NK-gebiede steeds ‘n uitdaging | News Article

Die besproeiingsbedryf en mense in ariede gebiede in die Noord-Kaap is vir 'n geruime tyd reeds bewus van die belang van waterbesparing en die noodsaaklikheid daarvan om alternatiewe waterbronne te ontgin.


 Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê daar is ‘n groter bewustheid onder belanghebbendes wat besef watertafels daal en die reën bly weg. Daarom het besproeiingsboere hulle gewend tot alternatiewe besproeiingsmetodes en bewaringsbewerking, maar in ariede gebiede, waar water hoofsaaklik vir menslike en dierlike gebruik aangewend word, is daar steeds 'n groot uitdaging ten opsigte van waterbestuur.

Hy sê dorpe in die platteland ondervind watertekorte en alternatiewe waterbronne is nou noodsaaklik, terwyl daar op indringerplante, wat groot waterverbruikers is, gelet word.

FM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jansen op Agri SA se kongres in Pretoria gepraat…


Sien onderstaande PODCAST  


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.