Agri Hour
Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?─── CHRISTAL-LIZE MULLER 07:59 Thu, 24 Oct 2019
Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.
Hy sê Wêreldvoedseldag wat verlede Woensdag in verskeie lande gevier is, het opnuut talle probleme wat die wêreld in die gesig staar in terme van voldoende kosvoorsiening aan groeiende bevolkings beklemtoon. Laubscher verwys na die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel en Landbou-organisasie (FAO) se jongste verslag oor die stand van kos en landbou in 2019. Die tema van die verslag gaan oor die pad vorentoe in terme van kosverlies en die vermindering van afvalkos. Hy sê dié verslag gee 'n omvattende verklaring oor denkwyses in dié verband, maar dit is nie 'n maklike oplossing nie. Met Wêreldvoedseldag wat nou agter die rug is, bly voedselsekuriteit en die mate waartoe daar wêreldwyd daarin geslaag word om honger te verlig, ‘n brandpunt. Daarom word kosvermorsing weer onder die vergrootglas geplaas.
Laubscher sê daar is botsende belange tussen die verskillende groeperinge hieroor. Dit behels die siening dat verminderde vermorsing die aangewese middel tot die doel is om meer mense van beter kos te voorsien. Daar is ook diegene wat sterk ten gunste van verhoogde produktiwiteit in die hele waardeketting is.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Laubscher gepraat…
Sien onderstaande PODCAST
Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
