Agri Hour
Gevaarligte flikker weens lae damvlakke─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:17 Thu, 24 Oct 2019
Die gevaarligte begin flikker ten opsigte van die vlak van sekere voedingsdamme in sekere gebiede van die land.
Johan van den Berg, ‘n klimatoloog van Santam Landbou, sê die stand van damme was sover nog redelik goed, maar daar is sekere damme se vlakke wat gedaal het. Die Vaaldam is onder 50% vol, terwyl die Katsedam in Lesotho ook ‘n lae damvlak het.
Hy meen daar is damme se vlakke wat nog hoog is en hy voorsien nie in die komende maande dat daar probleme kan ontstaan in terme van die verskaffing van water aan besproeiingskemas nie. Van den Bergh glo egter waterverskaffing aan dorpe en stede kan wel problematies word.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van den Berg gepraat…
Sien onderstaande PODCAST
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
