Agri Hour
Suid-Vrystaatse jongboer skep geleenthede vir jongmense in skeerbedryf─── 06:24 Mon, 28 Oct 2019

Ons gesels met ‘n jongboer van die Suid-Vrystaat wat werk verskaf aan jongmense in die skeerbedryf en hierdie naweek ‘n groot byeenkoms op Philippolis hou.
DG Snyman verskaf unieke werksgeleenthede vir jongmense wat ‘n sogenaamde “gap jaar” wil neem.
Geleenthede oorsee wink vir talle jongmense, maar eerskomende naweek is daar tydens die Philippolis-skou ‘n skeerkompetisie en wolhanterig, wat ook spoedskeer insluit. Groot geldpryse is op die spel. Die mees interessante deel is egter die unieke “teddiebeer-skeer” vir kinders. Hier kan jong kinders meer leer van die beroep en deel in die pret.
OFM se Pieter Möller het met Snyman gepraat...
Sien onderstaande PODCAST
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus