On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Dit is weer tyd vir gewilde Senwes Toekomsfokus op Nampopark

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:57 Mon, 28 Oct 2019

Dit is weer tyd vir gewilde Senwes Toekomsfokus op Nampopark | News Article

Dit is weer tyd vir die Senwes Toekomsfokusdag wat jaarliks op Nampopark buite Bothaville in die Vrystaat plaasvind en groot aftrek geniet.


Die voorsitter van Agri Noordwes se jongboerkomitee, Louis Wessels, sê alles is slaggereed vir dié gewilde inligtingsdag wat môre plaasvind. Daar kan onder meer uitgesien word na verskeie demonstrasies, ‘n spitbraai, en groot pryse is op die spel.

Dit is vanjaar die 16de jaar agtereenvolgens wat dié dag deur Senwes, in samewerking met Agri Noordwes, Vrystaat Landbou (VL) en Graan SA (GSA) aangebied word. Hy sê daar sal gefokus word op hoe boere, strategie, menslike hulpbronne, bestuursinligtingstelsels, vennootskappe en finansies doeltreffend in hul boerderye kan inkorporeer om produktief en volhoubaar te boer.  

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Wessels gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Louis Wessels, voorsitter van Agri Noordwes se jongboerkomitee, slegs op Before Dawn. Kaartjies is R100 per persoon en kan by die ingangshek gekoop word. Die Senwes Toekomsfokus begin Dinsdag om 08:00.    


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.