On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Borge 'noodsaaklik om boeredae moontlik te maak'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:20 Tue, 29 Oct 2019

Borge 'noodsaaklik om boeredae moontlik te maak' | News Article

Die immergewilde Senwes Toekomsfokusdag, waarvan die geld aan die jongboerkomitees van Agri Noordwes en Vrystaat Landbou (VL) gaan, is hier en vind vandag (Dinsdag) op Nampopark buite Bothaville in die Vrystaat plaas.


Die voorsitter van Agri Noordwes se komitee, Louis Wessels, wat ook die voorsitter is van die Maretsane-landbouvereniging, sê borge soos Senwes speel ‘n belangrike rol om inligtingsdae soos dié moontlik te maak. Wessels sê die Maretsane-landbouvereniging, in samewerking met Senwes, het verlede week ook ‘n suksesvolle boeredag plaaslik aangebied. Dit is goed bygewoon en ‘n proefperseel waarop mielies gewoonlik aangeplant word om verskillende kultivars en kunsmismengsels te toets, het groot aftrek gekry. 

Hy sê akkerbone is vanjaar op dié proefperseel geplant en werkstuie van Senwes is op dié dag ingespan vir die demonstrasie.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Wessels gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.