Agri Hour
Senwes Toekomsfokusdag wil boere lei─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:28 Tue, 29 Oct 2019
Dit is nog nie té laat om Senwes in samewerking met Vrystaat Landbou (VL), Agri Noordwes en Graan SA se gewilde Toekomsfokusdag by te woon nie.
Dié inligtingsdag, waarvan OFM die mediaborg is, begin vanoggend (Dinsdag) by Nampopark buite Bothaville in die Vrystaat plaas. Dit is die sestiende jaar agtereenvolgens wat die Toekomsfokus, ten bate van Agri Noordwes en Vrystaat Landbou (VL) se onderskeie jongboerkomitees, aangebied word. Die voorsitter van VL se komitee, Waldo van Niekerk sê die tema van dié inligtingsdag, wat jaarliks groot belangstelling lok, is hoe boere se strategie, menslike hulpbronne, bestuurinligtingstelsels, vennootskappe en finansies in boerderye toegepas word om produktief, doeltreffend en winsgewend te boer.
Daar kan onder meer uitgesien word na verskeie demonstrasies, ‘n spitbraai, en groot pryse is op die spel. Appel is die gaskunstenaar. Daar is ook ‘n groot verskeidenheid uitstallers en ‘n “John Deere Ride-on Mower”, ‘n kontantprys van Certisure en koopbewyse van Senwes Equipment en Hinterland kan gewen word.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Niekerk gepraat…
Sien onderstaande PODCAST
Dit was Waldo van Niekerk, voorsitter van Vrystaat Landbou se jongboerkomitee… Kaartjies is R100 per persoon en kan by die ingang se hek gekoop word. Die Senwes Toekomsfokus begin later vanoggend om 08:00.
OFM-nuus
