Agri Hour
Senwes Toekomsfokusdag bring hoop in vermoeiende droogte─── CHRISTAL-LIZE MULLER 10:53 Wed, 30 Oct 2019
‘n Jong Vrystaatse saaiboer, en ‘n leier in georganiseerde landbou, ondersteun die jaarlikse Senwes Toekomsfokusdag juis om sy kennis oor landbou te verbreed.
Hanco Steyn, 'n voorsitter van die Dealesville-landbouvereniging, sê hy probeer deurlopend op hoogte bly van onder meer die nuutste beskikbare tegnologie, omdat dit die toekoms is. Steyn, wat sonneblom en mielies saai, het dié inligtingsdag bygewoon om weer positief oor die landboubedryf te wees, veral terwyl daar talle uitdagings in dié bedryf is, waaronder droogtetoestande boere se moed breek.
Steyn praat ook oor die droogtetoestande in die Dealesville-distrik en hoe boere oorleef
Sien onderstaande PODCAST
Dit was Hanco Steyn, voorsitter van die Dealesville-landbouvereniging, slegs op Before Dawn.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
