Agri Hour
Positiewe gesindhede op Senwes Toekomsfokusdag straal hoop uit─── CHRISTAL-LIZE MULLER 10:57 Wed, 30 Oct 2019
Boere en ander belanghebbendes wat Senwes se Toekomsfokusdag op Nampopark buite Bothaville in die Vrystaat bygewoon het, se positiewe gesindheid oor landbou en die toekoms daarvan was opvallend gewees.
Dit is volgens Edric Badenhorst, ondervoorsitter van Agri Noordwes se jongboerkomitee, sê die positiewe boodskap wat uitgestraal is deur leierboere wat op ‘n paneelbespreking oor belangrike aspekte soos strategie, visie, finansiële bestuur en venootskappe gepraat het, was waardevol.
Hy sê in terme van die vorming van vennootskappe is daar op boere se bestaande vennote, soos saad- en kunsmisbemarkers gefokus omdat hulle oor die nodige kundigheid en inligting beskik. Die leierboere op die paneel was Sakkie van Zyl, AC van Wyk, Neels Fourie, Johan van der Walt en JP Meintjies. Die paneelbespreking is deur Jaco Minnaar, voorsitter van Graan SA (GSA), gelei.
Die Senwes Toekomsfokus is vanjaar in samewerking met die jongboerkomitees van Agri Noordwes en Vrystaat Landbou (VL) asook GSA aangebied.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Badenhorst oor sy indrukke van dié paneelbespreking gepraat…
Sien onderstaande PODCAST
Dit was Edric Badenhorst, ondervoorsitter van Agri Noordwes se jongboerkomitee.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
