On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Senwes Toekomsfokus: Daar is oplossings vir uitdagings rondom bemarking van gewasse

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:08 Wed, 30 Oct 2019

Senwes Toekomsfokus: Daar is oplossings vir uitdagings rondom bemarking van gewasse   | News Article
FOTO: Marika de Jongh

Senwes se Toekomsfokusdag bied ‘n totale oplossing aan boere se behoefte rondom meganisasie, nuwe tegnologie en beskikbare inligting.


Kobus Geldenhuys, hoof van Graanbemarking en -verhandeling by Senwes Grainlink, sê markinligting en die beskikbaarheid van die nuutse tegnologie dryf landbou. Senwes se Toekomsfokus is gister in samewerking met die jongboerkomitees van Agri Noordwes en Vrystaat Landbou (VL), asook Graan SA (GSA), suksesvol op Nampopark buite Bothaville in die Vrystaat aangebied. Geldenhuys sê dié gewilde inligtingsdag se operasionele sy fokus op graaninsette in die grond tot by ‘n oes, asook die stroopproses en bergings- en silogeriewe, om seker te maak ‘n boer ontsluit die beste prys vir homself.

In terme van meganisasie, word die nuutste markverwikkelinge waarmee daar tred gehou moet word in samewerking met John Deere bekendgestel. Hy sê met elke nuwe seisoen is daar nuwe produkte beskikbaar en daarom moet boere toesien dat hul bemarking op die regte tyd en teen die regte prys geskied. Volgens hom gebeur dit dat produsente tydens oestyd ‘n oormaat van hul gewasse soos mielies het. Dit kan daartoe bydra dat die prys afgedruk word, en indien dit nie reg bemark word nie, gaan produsente mielies aan die mark lewer, wanneer daar ‘n oormaat is. Senwes bied egter vir produsente ‘n twaalf maande oplossing.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Kobus Geldenhuys hoof van Graanbemarking en -verhandeling by Senwes Grainlink. Bly ingeskakel wanneer Geldenhuys later in die program die jongste Safex-pryse verskaf.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.