Agri Hour
Gehalte Bonsmara-bulle gaan opgeveil word ná suksesvolle groeitoets─── CHRISTAL-LIZE MULLER 07:45 Wed, 06 Nov 2019
Die Hoëveld Bonsmara-klub se bulgroeitoets, wat onlangs ten einde geloop het, was suksesvol en betrokkenes is opgewonde oor dié bulle wat deel van die prestasies was.
Dr. Pierre van Rooyen, voorsitter van dié klub, wat uit telers van die Vrystaat, Mpumalanga en Gauteng bestaan, sê ‘n rekordgetal van 120 bulle is deur 24 klublede by Sernick Bonsmaras se bulgroeitoetssentrum ingeskryf. Dit was om dié diere se gemiddelde groei per dag oor 84 dae en ‘n gemiddelde voeromsetverhouding te bepaal. Van Rooyen sê dit is die grootse groeitoets vir bulle van ‘n enkele beesras nóg. Dié groeitoets het plaasgevind ter voorbereiding vir ‘n veiling van dié klub wat na verwagting volgende jaar gehou sal word.
Die bulle wat nou by Sernick se bulgroeitoetssentrum aanbly, gaan op dié veiling aangebied word.)
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Rooyen gepraat…
Sien onderstaande PODCAST
Dit was Pierre van Rooyen, voorsitter van die Hoëveld Bonsmara-klub, slegs op OFM. Skakel Donderdagoggend tussen 05:00 en 06:00 in op Before Dawn, wanneer Van Rooyen oor die uitslag van die toetsing by Sernick Bonsmaras se bulgroeitoetssentrum praat.
OFM-nuus
