Agri Hour
Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:55 Thu, 07 Nov 2019
Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.
Hy sê ondanks die noodsaaklikheid van die landboubedryf en die rol wat dit speel in die stimulering van die ekonomie, ontstaan daar vrae oor die rede waarom dié erkenning juis afwesig is wanneer dit kom by die beskikbaarstelling van fondse en die implementering van noodmaatreëls in ramptoestande. Laubscher verwys meer spesifiek na die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) wat verlede week deur Tito Mboweni, minister van finansies, in die Parlement gelewer is. Die betaling van droogtehulp het nie in Mboweni se MTBR voorgekom nie. Hy meen daar kan egter aanvaar word dat dié kwessie aandag op die hoogste vlak kry, maar die feitelike situasie verskil. Die fiskale ruimtes van die regering wat betrokke is het dermate ingekrimp en min diskresionêre toewysings is inderdaad moontlik. Hy meen die regering is in ‘n drukgang wat besteding betref en sosiaal-maatskaplik is die nood so groot dat dit gewoon die geld “insluk”.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Laubscher gepraat…
Sien onderstaande PODCAST
Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
