Agri Hour
Jong bulle van die Hoëveld Bonsmara-klub slaag groeitoets─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:21 Thu, 07 Nov 2019
Altesaam 50 jong Bonsmara-bulle van sowat 20 telers wat lede is van die Hoëveld Bonsmara-klub word nou voorberei by die Sernick Groep vir ‘n veiling wat volgende jaar in Oktober deur die klub aangebied word.
Dié diere gaan op dié veiling aangebied word nadat hulle ‘n bulgroeitoets by Sernick Bonsmaras se groeitoetssentrum geslaag het. Die voorsitter van die Hoëveld Bonsmara-klub, Pierre van Rooyen, sê die bulle het goed presteer met ‘n gemiddelde groei van 1,778kg per dag oor die 84 dae wat hulle getoets is. Die gemiddelde voeromsetverhouding was 6,24.
Hy sê dit was die grootste bulgroeitoets nóg vir ‘n enkel beesras met 120 bulle wat deur 24 lede van die klub ingeskryf is. Van Rooyen sê die bulle voldoen ook aan die Bonsmara-telersgenootskap se minimum produksievereistes en hulle is ook gekeur vir funksionele doeltreffendheid. Sowat 50 opkomende boere wat deel is van die Sernick Groep se opleidingsprogramme het ook die keuringsproses bygewoon waar hulle ook touwys gemaak is met die kriteria en die uitslag van die Bonsmara-bulle se groeitoets.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Rooyen gepraat…
Sien onderstaande PODCAST
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
