On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

TLU SA: Nog ‘n uitbreking van bek-en-klouseer het implikasie vir landbou en SA se ekonomie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:53 Mon, 18 Nov 2019

TLU SA: Nog ‘n uitbreking van bek-en-klouseer het implikasie vir landbou en SA se ekonomie | News Article
FOTO: Rooivleisprodusente-organisasie (RPO)

TLU SA is van mening dat die regering sy verantwoordelikheid om vito sanitêre maatreëls te reguleer, nou moet begin toepas sodat die land nie in ‘n slagyster trap nie.


Dit kom nadat bek-en-klouseer in ‘n kommersiële kudde in die Molemole-distrik in Limpopo bevestig is. Dit is die tweede uitbreking in dié provinsie vanjaar, nadat bek-en-klouseer in Januarie in die Vhembe-distrik uitgebreek het. TLU SA se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, sê daar is kommer oor die regering se laksheid om in te gryp en te verhoed dat die landboubedryf in geheel, maar ook Suid-Afrika se ekonomie, negatief geraak word deur dié uitbreking van bek-en-klouseer.

Hy sê wanneer ‘n land sy bek-en-klouseervrye status verloor weens plaaslike uitbrekings is daar ‘n beperking op die uitvoer van produkte en dié verliese wat gelei word, is skrikwekkend groot. Dit het nie slegs ‘n negatiewe uitwerking op produsente nie, maar ook op Suid-Afrika se verkryging van buitelandse valuta.)

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Zyl gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Bennie van Zyl, TLU SA se hoofbestuurder, slegs op Before Dawn. Vir meer inligting oor TLU SA se stappe om boere te ondersteun en die geleentheid te gee om bek-en-kouseervrye vleis te verkoop en ‘n direkte verhandelingsplatform van skoon en veilige vleis in te span, bel vir Wilma Prinsloo by 082-555-4553 of stuur ‘n e-pos na wilma@ntlu.co.za. Dit is ‘n poging deur dié organisasie nadat ‘n tydelike verbod op veilings van lewende hawe in Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes geplaas is.  


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.