Agri Hour
Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:23 Thu, 21 Nov 2019
Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.
Daarmee saam toon die jongste markintelligensieverslag van die Nasionale Bemarkingsraad dat daar verswakte verwagtings is wat die reproduksievermoë van hulpbronne betref. In die verslag word die stand van die droogte omvat, ook die stand van reënval, damme en die verwagte impak van die voortslepende droogte. In die Oos-Kaap, Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap is die impak van die droogte groot en die reënvalstatus in dié provinsies is laag. Hy sê slegs Gauteng het normale reënvalvlakke. Die vooruitsigte vir die res van die seisoen ten opsigte van verligting wat die droogte aanbetref, sal of verswak of is reeds kritiek. Slegs Gauteng en Mpumalanga se vooruitsigte is stabiel. Dít hou verrykende gevolge in vir die landboubedryf en sy vermoë om tot enige ekonomiese opswaai by te dra. Hy verwys na die Premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, wat dié provinsie in geheel as ‘n rampgebied verklaar het, maar daar is nie baie verwikkelinge in die verband nie. “Die verloop van sake is tiperend van die vertraagde reaksie van die staat, en ‘n mens wonder of die onvoorsiene gevolge doeltreffend verreken word.
Sien onderstaande PODCAST
Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM.
OFM-nuus
