On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

DA soek antwoorde oor regeringshulp vir Vrystaatse droogtegebiede

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:51 Fri, 22 Nov 2019

DA soek antwoorde oor regeringshulp vir Vrystaatse droogtegebiede | News Article

Die DA in die Vrystaat onderneem om volgehoue druk op die provinsiale regering te plaas om geld beskikbaar te stel vir droogtehulp nadat die provinsie al in Februarie vanjaar as 'n droogterampgebied verklaar is.


Dr. Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse Wetgewer, het vandeesweek die provinsiale regering en munisipaliteite gepols oor hul onvermoë om droogtehulp aan gemeenskappe te verleen.

Volgens Jankielsohn was die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta), Thembeni Nxangisa, en die Premier, Sisi Ntombela, se reaksie op vrae deur die DA in die Vrystaatse Wetgewer genoeg bevestiging dat plaaslike munisipaliteite misluk het om versoeke vir droogteramphulp in te dien. Slegs die Mangaung-metro het R233 miljoen ontvang. In die proses word boeregemeenskappe ook geraak.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jankielsohn gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.