Agri Hour
#LandbouHoop: Boeredroogtehulp SA stoom voort met veevoerskenkings in NK─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:25 Fri, 22 Nov 2019
Die hulpverleningsorganisasie Boeredroogtehulp SA verleen nou op ‘n weeklikse grondslag hulp aan boeregemeenskappe in droogtegeteisterde gebiede in die land.
Dié organisasie, wat deur Chris van Beljon, ‘n sakeman van Rustenburg in Noordwes wat ook in die konstruksiebedryf werksaam is, is die man agter Boeredroogtehulp SA. Hy het twee jaar gelede veevoer by ‘n boer en sy vrou in Aberdeen in die Oos-Kaap afgelewer, wat ook gebuk gegaan het onder droogtetoestande. Dit was vir Van Beljon ‘n hartroerende ervaring en daarom het hy besluit om voort te gaan en hulp aan boere te verleen. Boeredroogtehulp SA is al twee jaar aan die gang en verleen ‘n helpende hand met veevoerskenkings en kospakkies, en was al betrokke om boorgate op plase te laat sink. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Beljon gepraat…
Hy sê dié droogtehulporganisasie het vandeesweek vragte veevoer by Aggeneys in die Noord-Kaap afgelewer. ‘n Vrag veevoer is ook aan boere in Pofadder gelewer. Volgens Van Beljon beoog Boeredroogtehulp SA om op 5 Desember na boere in Cradock in die Oos-Kaap uit te reik. Sowat 40 vragmotors met vragte veevoer en 20 bakkies met sleepwaens gaan vanaf Rustenburg na dié distrik reis en om bewusmaking te kweek, deur Bloemfontein se strate ry.
Sien onderstaande PODCAST...
Dit was Chris van Beljon van Boeredroogtehulp SA.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
