On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Gemoedere hoog op Bela-Bela vergadering oor bek-en-klouseer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:03 Mon, 25 Nov 2019

Gemoedere hoog op Bela-Bela vergadering oor bek-en-klouseer | News Article
Annette Steyn van die DA FOTO: Twitter

Die gemoedere het hoog geloop op ‘n vergadering wat in Bela-Bela deur talle betrokkenes in die rooivleisbedryf bygewoon is oor die uitbreking van bek-en-klouseer vroeër vandeesmaand in dié provinsie.


Dié vergadering is verlede Woensdag gehou om antwoorde by die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, oor die uitbreking van dié virussiekte onder beeskuddes in die Molemole-munisipale gebied in Limpopo te kry. Die Direkteur-Generaal (DG) van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike ontwikkeling, Michael Mlengana, en ander betrokkenes soos die Uitvoerende Direkteur van die Nasionale Dieregesondheidsforum, dr. Pieter Vervoort, moes verduidelik oor die swak deurgee van inligting aan produsente en veilingshuise.

Hulle moes ook verduidelik oor die regering se beroep dat veilings van lewende hawe in Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes tydelik gestaak moet word. Die Bek-en-klouseer-forum is ná die vergadering gestig om aanbevelings te maak aan die departement in ‘n poging om die verspreiding van besmette diere te verhoed. Annette Steyn, ‘n LP en die DA se skaduminister van Landbou, is op dié komitee nadat sy ook dié vergadering op versoek van boere in dié distrik bygewoon het.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Steyn gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Annette Steyn, ‘n LP en die DA se skaduminister van Landbou. Dié forum bestaan onder meer uit verteenwoordigers van dié twee veilingshuise, die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), en boere. Paul van Vuuren, direkteur van die veilingshuis, André Kock en Seun in Limpopo, is die voorsitter van dié forum.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.