On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Reën bring verligting in dele van sentrale binneland, nog reën verwag

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:36 Wed, 04 Dec 2019

Reën bring verligting in dele van sentrale binneland, nog reën verwag | News Article
FOTO: Algoa FM

Terwyl boere in die sentrale deel van die Vrystaat juig oor goeie reën wat sedert gister groot verligting bring, word nog reën voorspel vir 'n groot deel van die sentrale binneland, wat hoofsaaklik die Vrystaat en Noordwes insluit, voorspel.


Kevin Ingram, 'n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, sê vooruitsigte op reën in die grootste deel van die Noord-Kaap, waar die droogte sy tol eis, is egter nie goed nie, met slegs die oostelike deel van die Noord-Kaap wat enkele buie  kan verwag. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Daarmee saam daal die kwik ook vandeesweek nadat bloedige hittetoestande in 'n groot deel van die Vrystaat en die Noord-Kaap voorgekom het. Hy sê in die oostelike deel van die Vrystaat, wat Bethlehem insluit, word maksimum dagtemperature onder 20 grade Celsius verwag. Reëntoestande gaan na verwagting tot volgende Donderdag in die grootste deel van die Vrystaat en Noordwes voortduur.

Dit was Kevin Ingram, 'n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, slegs op Before Dawn.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.