On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:27 Thu, 05 Dec 2019

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.


Hy verwys na die impak van klimaatsverandering en navorsing wat dui op die gevaar van ongebreidelde vermeerdering van die oorsake van skadelike kweekhuisgasse. Daar word nou baie klem gelê op herwinning, maar wat kommer wek is die argelose houding van regerings om die bul by die horings te pak. Geen beter voorbeeld van amptelike ontduiking van verantwoordelikhede ten opsigte van afvalbestuur kan gevind word as die versiering van die omgewing met wapperende plastiese sakke nie, meen Laubscher.

Daarmee saam is daar ten minste een Afrika-land, wat sy voet dwars neergesit het. Ethiopië het die beskikbaarstelling, gebruik en besit van plastiese sakke onwettig verklaar.

Laubscher sê andersyds is daar ook sterk argumente, wat ten gunste van die waarde van plastiek in terme van onder meer die bewaring van kos is.

‘n Doelgerigte meesterplan, wat die bestuur van plastiese afval verder verfyn, met alternatiewelik aggressief ingestel word. Suid-Afrika tel tans onder wêreldleiers wat die herwinning van plastiek aanbetref, maar vir Jan Alleman is dit dalk nog nie voldoende.


Sien onderstaande PODCAST


Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.