On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri SA beywer hom om landbougemeenskappe te beveilig

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:30 Wed, 11 Dec 2019

Agri SA beywer hom om landbougemeenskappe te beveilig | News Article

Die veiligheid van landbougemeenskappe in landelike gebiede geniet groot aandag by Agri SA.


Daarmee saam het die swak ekonomiese groei in Suid-Afrika, wat teen ‘n slakkepas plaasvind, asook die toenemende werkloosheidsyfer en armoede om die beurt ‘n direkte impak op misdaad. Boere word daaraan blootgestel. Dit is volgens Piere Vercueil, die waarnemende president van Agri SA, wat die leisels by Dan Kriek oorgeneem het nadat Kriek verlede week uit dié posisie bedank het. Vercueil sê dit is ‘n gegewe dat boere na hulself moet omsien in terme van beveiliging op hul plase en dit dra by tot bykomende koste.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Vercueil gepraat.


Sien onderstaande PODCAST


Vercueil meen Agri SA het toegewyde werknemers, wat gerusstellend is omdat daar baie kwessies is waaraan aandag geskenk moet word, nie slegs met betrekking tot landelike veiligheid nie, maar ook kwessies soos watergehalte en besproeiing wat dringend aandag moet kry. Veiligheid op plase moet van so aard wees dat daar belangstelling is deur nuwe boere om tot die landboubedryf toe te tree. Té veel jong mense immigreer en is dan verlore vir dié bedryf. Daarmee saam is die gemiddelde ouderdom van boere in die proses om te styg en die impak daarvan is nie nou duidelik sigbaar nie, maar sal in die komende jare meer duidelik wees. In sy Kersboodskap sê hy daar is hoop en boere moet nie terugkyk nie, want hulle weet waar hul hulp vandaan kom. Daar sal uitkoms wees in terme van die droogtetoestande.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.