On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:42 Thu, 12 Dec 2019

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag praat ons met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, wat vanoggend in die Before Dawn-ateljee is.


Laubscher verwys na die bestaande onstabiliteit in die Suid-Afrikaanse mark, wat die teelaarde vir onsekerheid is. Daarmee vind beduidende verskuiwings plaas van die bekendste bakens in die samelewing. Van die vernaamste verskuiwers is onder meer wisselvallige pryse wat die gevolg is van internasionale finansiële markte waar geldeenthede wipplank ry.

Hy meen dit is verstommend hoe die skommelende finansiële klimaat die wêreld in ‘n staat van onbeweeglikheid intrek. Te midde van finansiële turbulensie buite die land, wat vanweë globale netwerke ook oor Suid-Afrika se grense spoel, is daar ‘n insiggewende proses van politieke herskikking binne Suider-Afrika. Eens magtige politieke partye verloor skynbaar hul greep. Demokratiese mondigheid is egter ‘n voorvereiste vir die proses van herskikking wat hierop moet volg en politieke verdraagsaamheid is die meetbare.

OFM se Gerben van Niekerk het met Laubscher gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, slegs op Before Dawn.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.