Agri Hour
Vrystaatse regering werp alles in die stryd om landbou te ondersteun─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:34 Mon, 16 Dec 2019
Die Premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, het boere in droogtegebiede aangemoedig om nie weg te skroom van die regering in dié uitdagende tye nie.
Alle betrokkenes moet saamwerk om die situasie in die provinsie te verander, want boere is die “hartklop van die Vrystaat”. Ntombela het die Bultfontein-distrik op uitnodiging van georganiseerde landbou in Februarie vanjaar besoek om ‘n duidelike prentjie te kry van die droogtesituasie in die provinsie en die uitwerking daarvan. Ntombela en die LUR van Landbou en Landelike Ontwikkeling, Benny Malakoane, en ander regeringsamptenare vergesel.
Agri SA, Vrystaat Landbou (VL), en Graan SA (GSA) asook kommersiële en bestaansboere het van die geleentheid gebruik gemaak om deur middel van ‘n voorlegging deur VL hul produksie en ekonomiese uitdagings, geldelike laste en die uitkringeffek daarvan op plaaslike gemeenskappe, uit te lig. Ntombela het boere verseker dat sy en die regering nie gaan terugstaan en toekyk hoe boere, aan die kortste end trek nie.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Ntombela gepraat…
