On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Beste van die Before Dawn Show: Kroonstad-boer se pad na herstel ná veldbrand was lank en uitdagend

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:25 Tue, 17 Dec 2019

Beste van die Before Dawn Show: Kroonstad-boer se pad na herstel ná veldbrand was lank en uitdagend | News Article

‘n Vrystaatse boer, wat verlede jaar erge brandwonde oor ‘n groot gedeelte van sy lyf opgedoen het en vir etlike maande in ‘n Gautengse hospitaal behandeling ontvang het, is vol lof vir die mediese personeel wat hom behandel het.

Die 66-jarige Mof Myburg van die plaas Panorama by Kroonstad sê hy was vir drie maande in die Milpark-hospitaal in Johannesburg se waakeenheid nadat hy op 6 September verlede jaar, nog dieselfde dag wat hy brandwonde opgedoen het, in dié hospitaal se brandeenheid opgeneem is. Myburgh was 42 dae onder sedasie waartydens hy 18 operasie ondergaan het. Hy sê die afsondering waarin hy geleef het in die hospitaal se waakeenheid was uitdagend en ‘n unieke ondervinding, wat hy geensins wil herleef nie.

 Myburgh het verlede jaar gaan help om ‘n veldbrand sowat 10km van sy plaas af te bestry. Hy sê daar was baie boere met hul vuurvegters. Hy het in ‘n pad gestaan en na ‘n ander boer gestap om hom te waarsku teen die brand wat in sy rigting beweeg het. Myburgh is toe self onverhoeds betrap deur die brand toe die wind, wat baie sterk gewoed het, skielik van rigting verander het.  Myburgh sê hy het geweet hy bevind hom nou in ‘n moeilike situasie en het besluit om sy hoed oor sy gesig te plaas en deur die brand te hardloop.

 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Myburgh gepraat…


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.