On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

LITS SA kan hopelik vanjaar nog ingestel word

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:04 Mon, 24 Feb 2020

LITS SA kan hopelik vanjaar nog ingestel word | News Article
Dr. Michael Bradfield FOTO: OFM

Die rooivleisbedryf gaan nou voort met die instelling van Suid-Afrika se vee-identifikasie en naspeurbaarheidstelsel, Lits SA.


Daarmee saam bestaan daar hoop dat dié proses nie uitgerek gaan wees nie. Dr. Michael Bradfield, hoof van die Lewendehawe Registrerende Federasie, meen as alle belanghebbendes hul samewerking gee, kan Lits SA teen die einde van die jaar in plek gestel word. Hy het op die Africa Agri Tech-konferensie, met Afgri en Grobank as hoofborge, aan OFM-nuus se Christal-Lize Muller gesê Lits SA is onlangs bekendgestel om die bedryf op hoogte van sake te bring oor die beleidsamestelling van dié stelsel.


Sien onderstaande PODCAST


Bradfield, wat ook die uitvoerende hoof is van die Wagyu-genootskap, sê Lits SA word deur die regering en die landboubedryf bestuur (50% elk), met die regering wat die bevoegde owerheid is en skakel met die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE). Volgens hom is daar verskeie vlakke met betrekking tot die implementeringsproses, wat onder meer die stigting van ‘n Artikel 21-maatskappy, insluit. ‘n Hoof uitvoerende beampte moet aangewys word om dié maatskappy te bestuur.  

Daarmee saam moet die verskillende platforms oorweeg word. Daar moet 'n nasionale databasis vir naspeurbaarheid in plek gestel word en dié stelsel moet met bestaande databassisse in oorleg wees. Daar moet ook gelet word op die metode wat gebruik word vir die beweging van diere. Dit behels ‘n oorplaatjie en die standaarde daaraan verbonde. 

Volgens Bradfield is daar wel uitdagings waarvan die grootste die wil is van betrokkenes om die stelsels suksesvol in te stel. Lande wat invoer, vereis hoofsaaklik 'n stelsel van dié aard, om sodoende die nodige agtergrond oor diere te kan hê.  

Die bedryf moet nou saamwerk en bereid wees om ‘n sukses van Lits SA te maak, sê hy.

Bradfield praat ook oor die LRF se Veeskool wat binnekort plaasvind. Die fokus vanjaar gaan op slimplase wees.

Dit was dr. Michael Bradfield, hoof van die Lewendehawe Registrerende Federasie, LRF, slegs op Before Dawn. Die LRF se jaarlikse Veeskool vind vanaf 16 tot 18 Oktober plaas. Besoek die LRF se webtuiste vir meer inligting en om te registreer.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.