On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

#Droogte - Sprinkaanplaag nie grootste uitdaging vir NK-boere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:13 Wed, 11 Mar 2020

#Droogte - Sprinkaanplaag nie grootste uitdaging vir NK-boere  | News Article

Enkele sprinkaanplaag-uitbrekings is in die Richmond- en Hanover-gebied in die Noord-Kaap en by Graaff-Reinet in die Oos-Kaap op grasvelde op plase bevestig.


Danie Jacobs, voorsitter van Agri Noord-Kaap se komitee vir omgewingsake sê egter dit is 'n sporadiese sprinkaanplaag wat nie 'n groot bedreiging inhou nie. Hy sê sprinkane het uitgebroei op 'n plaas by Richmond wat sedert Oktober verlede jaar sowat 150 mm reen gehad het.  Die plaag hou nie 'n bedreiging in vir gebiede wes van Williston en Pofadder nie waar die droogte al vir sowat agt jaar voortduur. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het ook met Jacobs gepraat oor die droogte in gebiede in dié provinsie wat boere steeds nederig hou...


Sien onderstaande PODCAST


Jacobs, 'n boer tussen Springbok en Aggeneys, en sê hy het sedert Oktober verlede jaar tot vandeesweeek slegs 11mm reën op sy plaas gehad. Hy is nie die enigste boer in Namakwaland en Boesmanland wat in dié situasie is nie. In dié gebiede het reën al gewissel van 1mm tot 20mm in die tydperk. Ramptoestande weens min reën duur al sedert 2009 in dié gebiede voort.

Jacobs sê die droogte is nog geensins gebreek nie en veldtoestande in dié gebied is swak. Boere voer steeds hul oorblywende kuddes. Water is skaars.

Daarmee saam sê hy as daar so 'n bohaai en bewustheid was rondom die droogte en die impak daarvan op boere soos wat die geval is met die sprinkaanplaag in enkele gebiede in die Noord-Kaap, sou die regering beslis minder suinig gewees het om droogtehulp te verleen. Die regering sou moontlik sy hand meer oopgemaak het in dié verband, sê hy.

Die sprinkaanplaag is in 'n opbouende fase en is onder beheer. Hy sê sprinkane broei nie uit in droogtegebiede nie en die grootste gedeelte van die droogtegeteisterde Noord-Kaap is veilig, omdat daar ook nie veel gras is weens min reën nie.

Dit was Danie Jacobs, voorsitter van Agri Noord-Kaap se komitee vir omgewingsake slegs op Before Dawn. Skakel Donderdagoggend in op Before Dawn, wanneer Jacobs verder gesels oor metodes wat toegepas word om sprinkaanuitbrekings te beheer.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.