On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:36 Thu, 12 Mar 2020

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat ons met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, wat vanoggend op die lyn is...


Sien onderstaande PODCAST


Hy praat oor die alliansie vir 'n Groen Revolusie in Afrika (Agra) wat onlangs 'n verslag bekendgestel het oor ‘n stille revolusie in die private bedryf wat transformasie in landbou dryf. Laubscher meen daar is baie lesse wat geleer kan word uit die verslag, veral ten opsigte van die ekonomiese transformasie van die landboubedryf in Afrika.

Volgens hom is daar voorheen duidelik bewys dat die verbruiker in Afrika landbouwaardekettings dwing om beter gehalte en veiliger kos te produseer. Daarom word waardekettings meer verbruiker-gedrewe. Die landboubedryf verander ook van ‘n bestaansgerigte benadering na groter kommersialisering, asook na meer van ‘n winsgewende en produktiewe benadering.  Hierdie herskikking vind plaas te midde van grootskaalse verstedeliking wêreldwyd, stygende inkomste en veranderende diëte. Hierdie “nuwe waardekettings” is hoofsaaklik “kleinsake”-gedrewe met gevolglike stygende werkskepping en handel, agro-prosessering, landelike handel en dienste. Die struktuur van hoe dié markte werk, verander.  Klein- en medium-besighede gee die pas aan in hierdie transformasie, want dit is die naaste wat ‘n boer aan die mark kan kom.  

Dié verslag lys  ook ‘n aantal belangrike boodskappe uit navorsing. Dit behels die posisionering van die kleinskaalse boerdery - tussen die kleinskaalse uitset-gedrewe besighede en inset-verskaffers. Winsgewendheid binne hierdie waardekettings is belangrike oorwegings vir beleggers. Beleggings raak weer werkgeleenthede in landelike gebiede. Laubscher sê daar moet in gedagte gehou word dat tot 40% van landelike werkskepping self-indiensname op plase is, terwyl die waardeketting buite die plaashek ‘n bykomende bydrae, geskat op 25%, tot landelike werkskepping lewer. Dié twee bronne is inter-afhanklik van mekaar. Verder dui navorsing daarop dat ná die plaashek word waarde deur private inisiatiewe toegevoeg en nie die staat nie. Die feit dat tot 80% van kosproduksie deur verbruikers benut word met slegs 20% wat vir op die plaasverbruik aangewend word, is ook belangrik. Hierin speel die private sektor ‘n belangrike rol en is dit derhalwe van kritieke belang in terme van voedselsekuriteit.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.