Agri Hour
Veilingspryse vir lewende hawe steeds goed ondanks swaarder beeste, en speentyd─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:44 Thu, 12 Mar 2020
‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, bespreek weekliks op 'n Donderdag die veilingspryse wat op lewende hawe veilings behaal is.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen...
Sien onderstaande PODCAST
Hy sê in sy verslag van 10 Maart dat die prys van lewende hawe dié tyd van die jaar ietwat laag is weens die feit dat hulle swaarder weeg aan die einde van die somermaande, wat dan die totale voorraad aangebied verhoog. Daarmee saam word kalwers in die volgende twee maande gespeen met die prys van speenkalwers wat ook afneem. Derksen sê ondanks dié faktore is die pryse van beeste steeds goed en daar is ‘n goeie vraag na voorraad.
Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.
OFM-nuus
