On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Wolmarkverslag: SA mark vertoon swakker as vorige veiling

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:24 Fri, 13 Mar 2020

Wolmarkverslag: SA mark vertoon swakker as vorige veiling | News Article

Dié wolmarkverslag word moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weeklikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.


Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek verswak teenoor die vorige veiling en die swakker Rand het die plaaslike mark ietwat beskerm teen 'n groter daling soos die geval in die Australiese mark.  Dit is volgens Heindrich Victor, bemarkingsbestuurder van vesel by OVK, nadat die Cape Wools-aanwyser vandeesweek op die 23ste wolveiling van die 2019/20-seisoen met 0,7% en 120 punte laer verhandel het en teen 'n skoonprys van R177,89 per kg gesluit het. Die Australiese EMI het met 2,6% verswak. Hy sê dié daling kan toegeskryf word aan hoofsaaklik onsekerheid in wêreldmarkte weens die coronavirus.  Die Rand het hierdie week 6,9% swakker verhandel teen die VSA Doller en 7,8% swakker teen die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling.

Lang fyn meriono-vagte het steeds goed presteer en bo die mark se gemiddeld verhandel. Nie-merino-en kruisraswol was onder druk. Die grootste daling was  4,1%, in die 22,5 mikron segment. Lempriere SA het die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Standard Wool en Modiano. Daar is in totaal 10 213 bale aangebied, waarvan 89% verkoop is. Op die OVK- veiling is 2 892 bale aangebied waarvan 84,5 verkoop is.

Hier is Victor...


Sien onderstaande PODCAST


Dié wolmarkverslag is moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weeklikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.