On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

TLU SA wil stryd aanpak teen munsipaliteite oor eiendomswaardasies

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:18 Mon, 16 Mar 2020

TLU SA wil stryd aanpak teen munsipaliteite oor eiendomswaardasies | News Article

TLU SA oorweeg dit nou en ondersoek die moontlikheid om die betaling van munisipale belasting te boikot.


Dit weens onredelike verhogings wat ingestel word in die waarde van eiendomme. Dit kom nadat munisipaliteite oor die land heen in die proses is om eiendomme te inspekteer vir die algemene of aanvullende waardasielyste. Die waarde van ‘n eiendom bepaal die tarief wat vir dienste en belasting vir eiendomme, wat plase en kleinhoewes insluit, gehef word. TLU SA se algemene bestuurder, Bennie van Zyl, sê daar moet nou opgetree word, sonder betogings teen onbevoegde munisipaliteite, wat nie behoorlike dienste lewer nie. Hy sê daar is in sekere gevalle tot 'n 80%-verhoging in die waardasies.  

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê dit is ook belaglik dat die staat die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet, wat onteiening van eiendom teen ‘n nulvergoeding moontlik maak, dryf, terwyl munisipaliteite, as deel van die regering, gemeenskappe die bedrag van hul belastingsaanslag verhoog. Dit word gedoen deur die  waardasies van grond wat tot en met 80% toegeneem het. Dit is 'n bepaalde dilemma, want daar kan nie aan die een kant gesê word  ‘n eiendom het ‘n nulwaarde sodat onteiening sonder vergoeding kan plaasvind, en dan aan die ander kant eiendomme se waarde opblaas sodat munisipale heffings styg nie.

Van Zyl sê daar moet nou ernstig druk geplaas word op die LUR'e vir Plaaslike Regering om ingevolge Artikel 81 van die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting, die nodige stappe te doen en in te gryp by waardasierolle waar munispaliteite onredelike verhogings op eiendomme hef. 'n Dispuut moet verklaar word deur gemeenskappe op munisipale vlak. Die moontlikheid waar belastings in 'n trustrekening betaal word, en dan vanuit dié rekening daar met munispaliteite onderhandel word oor dienslewering, is ‘n opsie, al word munisipale dienste nie aan landbougemeenskappe gelewer nie.

Dit was Bennie van Zyl, algemene bestuurder van TLU SA, slegs op Before Dawn.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.