On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Ingevoerde hoendertarief spreek storting in SA aan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:24 Tue, 17 Mar 2020

 Ingevoerde hoendertarief spreek storting in SA aan | News Article

Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging, (SAPV) beskou die tariefverhoging op hoender wat ingevoer word, as 'n aksie om die hoenderbedryf op die groeipad te plaas.


Izaak Breytenbach, die hoofbestuurder van SAPV, sê die tariefverhoging gaan die onregverdige handelskomponent plaaslik aanspreek. Dit kom nadat die Suid-Afrikaanse regering die invoertarief vir gevriesde hoenderstukke met been van 37% na 62% verhoog het. Die invoertarief vir ontbeende hoenderstukke is van 12% na 42% verhoog. Breytenbach sê ook die koronavirus het nog nie 'n impak op die plaaslike hoenderbedryf nie, omdat min produkte in dié bedryf van China ingevoer word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Breytenbach gepraat... 


Sien onderstaande PODCAST

 

Hy meen die koronavirus kan egter in 'n latere stadium 'n invloed uitoefen op die plaaslike bedryf, omdat daar nou steeds min produkte in die hoenderbedryf van China ingevoer word. Dit kan wel 'n invloed uitoefen, omdat hoenderproduksie in China geraak word onder meer weens die uitbreking van varkgriep in China en daar kan 'n tekort op die wêreldmark ontstaan, wat weer 'n positiewe impak op die Suid-Afrikaanse hoenderbedryf kan hê ten opsigte van die uitvoer van hoender. Die scenario is dat Suid-Afrika moontlik meer hoenderprodukte kan uitvoer, selfs al is dit in 'n mindere mate.  

Hy voorsien nie dat daar 'n styging in die prys van hoenderpvleis kan wees ná die aankondiging van die Suid-Afrikaanse invoertarief op hoendervleis nie. Breytenbach  verwys na 'n onlangse studie deur die departement van landbou, wat getoon het dat die invoer van hoenderstukke in die verlede nie die prys van hoendervleis laat afneem het nie. Hy meen die bevinding kan omgekeer word en daar kan aangevoer word dat as daar minder invoer van hoendervleis is, dan kan die prys van hoendervleis plaaslik nie styg nie.


OFM-nuus

 


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.