On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Meesterplan vir pluimveebedryf in werking ná aankondiging

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:31 Tue, 17 Mar 2020

Meesterplan vir pluimveebedryf in werking ná aankondiging | News Article

Die bekendmaking deur die minister van handel, nywerheid en mededinging, Ebrahim Patel, van 'n nuwe tarief vir ingevoerde hoender is 'n verligting.


Dit sal die plaaslike meesterplan vir die ontwikkeling van die pluimveebedryf nou in werking stel.  So meen Bert Griesel, bedryfshoof van die teenstortingsbeweging, FairPlay, nadat 'n 62%-verhoging vir gevriesde hoenderstukke met been, verlede week deur Patel ingestel is. 'n Verhoging is ook op ontbeende hoenderstukke ingestel. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Griesel gepraat... 


Sien onderstaande PODCAST

 

Hy sê dié tariefverhoging sal hopelik die speelveld meer gelyk maak vir plaaslike produsente en invoerders van dié hoenderprodukte. Daarmee saam gaan die konsep van storting ook aangespreek word.  

Die tarief vir meganiese ontbeende hoenderstukke is van 12% na 42% verhoog. 

 Volgens Griesel sal dié tariefverhoging, wat een van die aspekte is wat in die meesterplan vir die bedryf voorkom, bydra tot die ontwikkeling van die bedryf soos wat die geval was in die tekstiel en motorbedryf, waar daar ook ontwikkelingsplanne in plek gestel is. 

Hy meen met dié invoertariefverhoging kan die storting van produkte beheer word en die doelwitte van veiligheid en gesondheidskwessies in die hoenderbedryf gaan na die voorgrond kan tree.

Opkomende boere gaan ook meer beskerm word sodat hulle op die been kan kom in die plaaslike hoenderbedryf. 

 Griesel sê FairPlay is opgewonde oor die samestelling van die vyfpunt-meesterplan, wat die aansien van die plaaslike hoenderbedryf gaan verbeter en daartoe kan lei dat plaaslike hoenderprodukte plaaslik aangekoop kan word. 

Daarmee saam gaan die kwessie rondom die toenemende invoer van hoenderprodukte nou gebalanseerd plaasvind, want in dié stadium word 30% van alle hoender wat plaaslik verbruik word, ingevoer. Dit is geensins aanvaarbaar nie, meen hy.  Intussen sal die wettige invoerders van dié produkte en bestaande maatreëls steeds gehandhaaf word. Die fokus is egter om seker te maak dat verskaffers, wat wit hoendervleis self absorbeer in hul eie lande en 'n goeie prys daarvoor ontvang, en dan die bruin hoenderstukke op markte soos Suid-Afrika teen lae tariewe stort, gemonitor word.     

Dit was Bert Griesel, bedryfshoof van die teenstortingsbeweging, slegs op Before Dawn.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.