On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Almal moet saamwerk aan pluimvee-meesterplan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:38 Wed, 18 Mar 2020

Almal moet saamwerk aan pluimvee-meesterplan | News Article

Alle belanghebbendes in die Suid-Afrikaanse hoenderbedryf moet nou hande vat en saamwerk om die meesterplan vir die pluimveebedryf in volle werking te plaas.


Dié meesterplan is deur die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, ingestel om die hoenderbedryf verder te ontwikkel. Bert Griesel, bedryfshoof van die teenstortingsbeweging, FairPlay, sê die tariefinstelling op ingevoerde hoenderstukke wat in Suid-Afrika gestort word, terwyl invoerders nie hul prys aanpas nie en reuse wins maak, gaan nie die storting van die produkte oornag stop nie. Dit is egter 'n goeie begin.  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Griesel gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Daar sal nou sekergemaak moet word nadat voldoende inspeksies gedoen word. Verder is die plaaslike verbruik van plaaslike hoender baie belangrik. Hy sê sowat 50 miljoen mense in Suid-Afrika is van hoendervleis afhanklik as hul hoofproteïen, en die bedryf is oorgehaal om aan die behoefte te voorsien. 

Verbruikers moet egter ook ag slaan op onwettige praktyke ten opsigte van ingevoerde hoender en die plaaslike bedryf ondersteun. Daar moet saamgestaan word teen mense wat hulle skuldig maak aan onwettige handel. 

Hy sê verder dit is nou noodsaaklik dat dié Suid-Afrikaanse meesterplan vir die pluimveebedryf uitgevoer word en nie slegs 'n dokument is wat nie doeltrefffend in werking gestel kan word nie.


OFM-nuus



 





Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.