On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Tref voorsorg teen #koronavirus, vra Agri SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:17 Wed, 18 Mar 2020

Tref voorsorg teen #koronavirus, vra Agri SA | News Article

Daar moet gehoor gegee word aan voorsorgmaatreëls om te voorkom dat die koronavirus (Covid-19) verder in Suid-Afrika versprei.


Dit is van belang juis omdat dit 'n oordraagbare siekte is wat 'n groot impak het op mense se produktiwiteit. Dit is volgens Christo van der Rheede, adjunk-uitvoerende direkteur van Agri SA nadat die koronavirus as 'n nasionale ramp in Suid-Afrika verklaar is. Hy sê produsente moet seker maak dat hulle dié maatreëls toepas om hul gesinne asook hul plaaswerkers en ander mense wat op plase en kleinhoewes bly, te beskerm. Sodoende word landbou se produktiwiteit beskerm. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van der Rheede gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy vra sodra mense simptome toon, moet daar opgetree word sodat die virus nie versprei nie. Volgens hom kan onproduktiwiteit in die landboubedryf ernstige implikasies inhou vir voedselsekerheid in die land en Suid-Afrika kan dit geensins bekostig nie. Van der Rheede sê hy hoop nie daar gaan 'n tekort aan kos in die land wees weens die pandemie nie en doen 'n beroep op kleinhandelaars en landboubesighede om toe te sien dat daar nie tekorte ontstaan nie. Kleinhandelaars moet ook nie nou die prys van hul produkte verhoog nie, want dit gaan nog verdere paniek veroorsaak. Dié situasie moet oordeelkundig bestuur word, sê hy. Sodra winkels gaan sluit en kostekorte ontstaan, gaan daar groter sosiale onstabiliteit in die land wees.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.