Agri Hour
Lewende hawe behaal goeie pryse op veilings─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:32 Thu, 19 Mar 2020
‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, bespreek weekliks op 'n Donderdag die veilingspryse wat op lewende hawe veilings behaal is.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen...
Sien onderstaande PODCAST
Toestande in die rooivleisbedryf is gunstig in die stadium met goeie neerslae in 'n groot deel van die Vrystaat. Daarmee saam styg die pryse van lewende hawe op veilings steeds goed. Die prys vir speenkalwers onder 200kg was R35,24, speenkalwers tussen 200kg en 250kg het vir R33,03 gegaan en speenkalwers oor 250kg het vir R30,24 gegaan.
Ander veilingspryse vir beeste:
A-klas beeste - R26,77
B-klas beeste - R22,03
Vet koeie - R20,76
Maer koeie - Tussen R17 en R18,86
Slagbulle - R21,84
Skape:
Stoorlammers - R33,20
Slaglammers - R33,30
Stoorskape - R25,06
Vetskape - R26,12
Bokke:
Lammers - R38
Bokooie - R28,10
Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.
OFM-nuus
