On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

VL stel alle byeenkomste vir 30 dae uit #Coronavirus

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:37 Thu, 19 Mar 2020

VL stel alle byeenkomste vir 30 dae uit #Coronavirus | News Article

Vrystaat Landbou (VL) moedig boere aan om die riglyne in verskeie tale, wat deur Agri SA opgestel is in terme van voorkomingsmaatreëls om die verspreiding van die koronavirus te verhoed, ernstig op te neem.


Dié riglyne wat op Agri SA se webtuiste beskikbaar is, is in ooreenstemming met die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WHO). Dié riglyne moet ook aan plaaswerkers beskikbaar gestel word. Francois Wilken, president van VL, sê dié organisasie se dagbestuur het besluit om alle byeenkomste wat in die komende 30 dae sou plaasvind uit te stel. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Wilken gepraat...


Sien onderstaande PODCAST

 

VL-byeenkomste wat uitgestel is, sluit onder meer in dié organisasie se Jongboer-konferensie wat op 17 April sou plaasvind. Alle vergaderings oor die uitrol van die hersiende landelike veiligheidstrategie gaan ook nie plaasvind nie.  

Wilken sê VL sal weer ná 30 dae dié besluit heroorweeg.  

Hy sê die belangrikste voorkomingsmaatreël wat deur produsente gevolg kan word, is om alle beweging te beperk en VL pas dieselfde maatreël toe ten opsigte van sy personeellede. 

Simptome van die koronavirus sluit in koors, 'n droë hoes, asemhalingsprobleme, of 'n reisgeskiedenis na lande wat geraak word deur dié virus.  

Mense wat simptome toon, word aanbeveel om die Nasionale COVID-19 noodnommer te skakel op 0800 029 999 of WhatsApp 0600 123 45. 

Dit was Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), slegs op Before Dawn. Van Agri SA se wenke sluit onder meer in, bedek jou mond en neus, gooi die sneesdoekie onmiddellik in 'n toe vullisdrom ná gebruik. Was gereeld hande, vermy noue kontak wanneer jy hoes of koors het, moenie in die opbenbaar spoeg nie.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.