Agri Hour
OVK-wolmarkverslag: Koronavirus kniehalter SA-wolmark─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:42 Fri, 20 Mar 2020
Dié wolmarkverslag word moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weeklikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.
Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek skerp verswak teenoor die vorige veiling. Die verdere verswakking van die Rand het die plaaslike mark ietwat beskerm teen 'n groter daling. Dit is volgens Heindrich Victor, bemarkingsbestuurder van vesel by OVK, nadat die Cape Wools-aanwyser vandeesweek op die 24ste wolveiling van die 2019/20-seisoen met 12,5 en met 2 220 punte laer verhandel en teen 'n skoonprys van R155,68, per kg gesluit het. Die Australiese EMI het met 5,5% verswak. Hy sê dié plaaslike daling toe aan hoofsaaklik onsekerheid in wêreldmarkte weens die koronavirus. Die Rand het hierdie week 5,6% swakker verhandel teen die VSA Dollar en 1,7,% swakker teen die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling.
Die grootste daling was 16,4%, in die 19,5 mikron segment. Daar is in totaal 10 180 bale aangebied, waarvan 51,4% verkoop is. Op die OVK- veiling is 1 619 bale aangebied waarvan 59,1% verkoop is.
Hier is Victor...
Sien onderstaande PODCAST
Dié wolmarkverslag is moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weeklikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.
OFM-nuus
