On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Graan SA se Nampo-oesdag uitgestel, die afstel van landbougeleenthede kan ekonomie knou

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:56 Fri, 20 Mar 2020

Graan SA se Nampo-oesdag uitgestel, die afstel van landbougeleenthede kan ekonomie knou | News Article
FOTO: OFM

Die afstel van groot landbougeleenthede weens die nasionale verbod op die samekoms van 'n honderd mense en meer, om die verspreiding van die koronavirus te verhoed, kan Suid-Afrika se ekonomie kniehalter.


Dit is volgens die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, wat meen die dienstebedrywe betrokke by dié byeenkomste word die swaarste geraak. In landelike gebiede is dié byeenkomste gemeenskappe se hoofbron van inkomste. Dit het ook 'n negatiewe impak op plaaslike kleinsake.  

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het by Laubscher uitgevind wat die ekonomiese impak van die koronavirus nou al is op die landboubedryf...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die afstel van landbougeleenthede is 'n bydraende faktor wat die land se ekonomie onder geweldige druk gaan plaas. Juis daarom noop dié situasie mense ook om te fokus na die oordrag van inligting. Landboubesighede sal moet let op hoe hulle inligting oordra en of die aflewering daarvan steeds reg is. Daarmee saam moet ontvangers van inligting ook aanpassings maak in spesifiek hoe hulle daarop reageer.

Hy sê in die stadium, asook in die nabye toekoms nie vrese dat 'n voedseltekort in Suid-Afrika kan ontstaan, weens die uitbreking van die koronavirus nie.

Laubscher sê 'n goeie plaaslike  kommersiële mielieoes word verwag, wat goeie nuus is vir die grootste gedeelte van die Suid-Afrikaanse bevolking, wat op graan as stapelvoedsel, aangewese is. Hy sê daar is genoeg kosvorraad beskikbaar en daar is geen rede tot paniek nie.

Daar is genoeg kos wat voorsien is, sê hy.

Van die landbougeleenthede wat gekanselleer is, sluit die Bloemskou, wat vanaf 24 April tot 2 Mei sou plaasvind, asook die Royal-skou in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal, in. Intussen het Graan SA aangedui of die gewilde Nampo-oesdag, wat vanaf 12 tot 15 Mei op Nampopark naby Bothaville in die Vrystaat sou plaasvind, tot Augustus uitgestel. Dié oesdag vind nou vanaf 11 tot 14 Augustus plaas, gegewe dat die regering se beleid en riglyne dit toelaat. Graan SA het aangedui dat hy die datum teen die einde van Junie 2020 gaan evalueer en hersien indien dit deur aangepaste regeringsregulasies benodig word.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.