Agri Hour
GSA wil steeds 'n goeie Nampo-oesdag in Augustus aanbied─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:52 Mon, 23 Mar 2020
Dit was 'n goed-deurdagte besluit deur Graan SA (GSA) om die Nampo-oesdag, wat die grootste landbouskou in Afrika is, uit te stel.
Die gewilde Nampo-oesdag, wat vanaf 12 tot 5 Mei vanjaar op Nampopark naby Bothaville in die Vrystaat sou plaasvind, vind nou vanaf 11 tot 14 Augustus plaas. Dit is nou as die regering se beleid en riglyne dit toelaat, nadat 'n nasionale verbod geplaas is op die samekoms van 'n honderd en meer mense weens die uitbreking van die koronavirus in Suid-Afrika. GSA se uitvoerende hoof, Jannie de Villiers, sê dié oesdag is 'n belangrike geleentheid om onder meer nuwe tegnologie in die bedryf aan boere bekend te stel. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met De Villiers gepraat...
Sien onderstaande PODCAST
Hy sê talle betrokkenes is geraak deur dié besluit. Dit het 'n groot impak op plaaslike gemeenskappe wat op die oesdag die geleentheid kry om geld in te samel. 'n Groot getal plaaslike sowel as internasionale uitstallers se planne is ook in die wiele gery. De Villiers sê egter die internasionale uitstallers het aangedui dat hulle nie die oesdag mag bywoon weens 'n verbod wat in plek is in hul onderskeie lande wat internasionale reis verbied weens die koronavirus.
Vraelyste is aan uitstallers gestuur waarin hul insette verkry is in terme van die regte besluit wat geneem moet word. Alles is daarna in die stryd gewerp om die regte datum waarop die oesdag gehou kan word te bepaal.
De Villiers sê daar is boere wat nog oes in Augustus, maar GSA gaan alles in die stryd werp om toe te sien dat die oesdag steeds suksesvol aangebied gaan word.
Graan SA het aangedui dat hy die datum teen die einde van Junie 2020 gaan evalueer en hersien indien dit deur aangepaste regeringsregulasies benodig word.
Dit was Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA (GSA), slegs op Before Dawn.
OFM-nuus
